Chantal Cloete is elke dag langs haar man, Len (59), se bed en elke aand op haar knieë om vir ’n wonderwerk te bid.
“Al wat ons kan doen, is bid. Die toekoms is onseker. Ons weet nie of Len ooit ten volle gaan herstel nie, maar ons vat dit dag vir dag,” sê sy.
Len Cloete was vir ses weke in ’n koma in ’n hospitaal in Krugersdorp nadat ’n polisieman hom op 13 November in ’n gastehuis in Muldersdrift in die kop geskiet het.