Mundolene-saak: Stiefma hoor binnekort haar lot

akkreditasie
Marietjie Vosloo word eersdaags verhoor
Marietjie Vosloo word eersdaags verhoor

Uitspraak in die saak teen Marietjie Vosloo, wat daarvan aangekla word dat sy haar stiefdogter, Mundolene (17), tydens ’n vakansie in Mauritius doodgeslaan het, sal na verwagting volgende maand in die hof aangehoor word.

Die 34-jarige Marietjie van Margate, KwaZulu-Natal, wag al sedert 6 Oktober 2016 om haar lot te hoor. Sy is kort ná die voorval by die luukse Hotel Riu op die eiland in hegtenis geneem en is sedertdien as verhoorafwagtende agter tralies. Haar verhoor het eers in Desember verlede jaar begin.

Zaredhin Jaunbaccus, Marietjie se regsverteenwoordiger, het aan Huisgenoot.com bevestig haar verhoor is afgehandel en die hof sal op 21 Maart uitspraak lewer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees