Jare lank was sy getrou aan die sy van haar dominee-man.
Genevieve* het haar destydse werk laat vaar en alles gedoen wat van die dominee se vrou verwag sou word. Sy was betrokke by die gemeente se vrouekomitee, sy het bidure gelei en sy het ingespring met Sondagskool en geldinsamelingsprojekte.
Ook tuis het sy die fort gehou. Sy het die kinders versorg, en wanneer haar man ná ’n lang dag ná sy huisbesoeke aan gemeentelede by die huis kom, het sy hom met ’n bord kos en beker koffie ingewag.