Die regte Boris het nog nie reageer op dié Jason se manewales wat hom so sleg laat lyk nie, maar hy het onlangs in ’n toespraak belowe hy gaan diewe en inbrekers en diewe met elektroniese bandjies merk en volg.
Dis hoog tyd, want Jason en sy makker Adrian Awty (45) het altesaam 44 inbrake tussen die twee van hulle. Adrian is al 96 keer skuldig bevind.
In hul mees onlangse misdryf het hulle die House of Panini Café in Prospect Street in Hull op hul voorstoep geteiken en sowat £1 280 (R26 637) kontant uit ’n kelnerin se handsak gesteel, geld wat die eienaar vir haar gegee het om die plek aan die gang te hou terwyl hy weg is.
Sy het dit eers ure nadat “Boris” toegeslaan het, opgemerk. Van die ander goed wat uit die restaurant gebuit is, was sleutels, bankkaarte en 'n paar Vivienne Westwood-oorbelle, wat die waarde van die skelms se buit na altesaam £2 280 (R47 377) laat styg het.
Jason en Adrian het gou hul rieme styfgeloop nadat hulle op beeldmateriaal van die veiligheidskameras herken en opgespoor is. Hulle is in Jason se woonstel vasgetrek waar hy probeer het om die voordeur te probeer versper met meubels.
Hulle strooptog by die restaurant het al op 28 September gebeur en hulle is beide intussen tot tien maande agter tralies gevonnis. Weens al hulle vorige oortredings het die magistraat (“recorder”) Megan Rhys hulle kwaai gewaarsku.
Of die eerste minister van die Verenigde Koninkryk, Boris Johnson, sy ewebeeld gaan genadig wees, lyk onwaarskynlik.
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!