book-icon Uitgawe 10 November 2022

’n Liefdesverhaal sonder metings: ‘Dis liefde wat tel, nie lengte nie’

akkreditasie
Andries Nel kan nie verstaan hoekom mense dink dit is so snaaks dat ’n man van normale lengte met ’n dwerg sal wil trou nie. Foto: JHD Fotografie
Andries Nel kan nie verstaan hoekom mense dink dit is so snaaks dat ’n man van normale lengte met ’n dwerg sal wil trou nie. Foto: JHD Fotografie

’n Troue is ’n vrolike gedoente. ’n Dag van feesvier, kuier en heildronke op die huwelikspaar se geluk. En dis presies die atmosfeer wat op 1 Oktober op die klein Vrystaatse dorpie Heilbron heers wanneer Andries Nel (27) en Bernadine Coetzer (24) trou aan mekaar beloof.

Die lenige bruidegom staan 1,7 meter hoog voor die kansel wanneer hy afkyk na sy stralende bruid langs hom. Haar kop raak-raak net aan sy elmboog, want met ’n lengte van 1,2 meter is sy ’n hele 50 cm korter as hy.

Dit pla hulle egter glad nie, vertel Andries drie weke later toe Huisgenoot by die twee pasgetroudes in Heidelberg, Gauteng, gaan inloer. Hy werk op die dorp by ’n bedryfsielkundige as ’n sakeontwikkelaar, en sy as ’n grafiese ontwerper by ’n plaaslike drukkery.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

1 Desember 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees