Daar gaan skaars ’n week verby dat Elon Musk nié die nuus haal nie. En as dit nie dié eksentrieke miljardêr self is oor wie ’n mens lees nie, is dit ’n lid van sy ewe aweregse familie.
Daar’s sy suster wat ’n stroomdiens vir stomende romanseflieks het. Sy ma is die oudste model wat al op die voorblad van ’n swemdragtydskrif gepryk het.
En sy pa het ’n kind by sy gewese stiefdogter.