‘Nagmerrie in stadige aksie’: Amerikaners op hol oor reusagtige Afrika-slakke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Facebook/Green Renaissance
Facebook/Green Renaissance

Die sogenaamde reuse-Afrika-landslak het weer voelers in die deelstaat Florida uitgesteek nadat landbou-amptenare gehoop het dít wat The Washington Post as ’n “nagmerrie in stadige aksie” bestempel het, was vir goed uitgeroei.

Dié tamaai peste uit Oos-Afrika kan tot 20 cm lank word, het ’n aansienlike vreetlus – hulle lê weg aan minstens 500 verskillende plantsoorte – en aangesien hulle gasheer kan speel vir die parasitiese rotlongwurm hou hulle ook beduidende gesondheidsgevare vir mense in.

Die indringerspesie het nou amptenare in Florida genoop om kwarantynmaatreëls vir sekere distrikte in te stel. Dit was nadat ’n gemeenskapstuinier van die onwelkome weekdiere in die stad Port Richey gewaar het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in