Deel

Nederlandse man wat pa is vir 550 kinders gedagvaar ná hy sperm onwettig verkoop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hy is die pa van meer as 550 kinders wêreldwyd, waarvan 102 daarvan in Nederland is, en hy het al sperm by minstens 13 spermbanke geskenk.
Ter illustrasie. ’n Nederlandse man Jonathan M. (4
Ter illustrasie. ’n Nederlandse man Jonathan M. (41) word gedagvaar deur die Nederlandse organisasie Donorkind om hom te verbied om sperm te skenk. Foto: Gallo Images/Getty Images

Nou word die Nederlandse man Jonathan Jacob Meijer (41) gedagvaar deur die Nederlandse organisasie Donorkind en een van die vroue wat sy sperm gebruik het, Eva, om hom te verbied om nog sperm te skenk. 

Jonathan is in 2017 op die Nederlandse vereniging van verloskunde en ginekologie se swartlys geplaas nadat hy sperm geskenk het by 10 verskillende klinieke en sy sperm gehelp het om 102 kinders in die lewe te bring. 

Die swartlys het hom egter nie gekeer nie, en hy het oor die afgelope ses jaar sy sperm aan verskeie banke in Denemarke en Oekraïne geskenk. Hy het ook sy sperm adverteer in verskillende tale en op tientalle webtuistes en op sosiale media.

Hoewel dit onbekend is presies hoeveel kinders Jonathan al het, het hy onlangs op ’n app waar hy sy sperm verkoop het aan ’n vrou gesê dat hy al meer as 550 kinders wêreldwyd het. 

Dít terwyl daar ’n wet in Nederland is wat bepaal dat spermskenkers nie mag pa staan vir meer as 25 nasate of meer as 12 vroue swanger mag maak nie om bloedskande of sielkundige probleme te vermy wanneer kinders ontdek dat hulle honderde broers en susters het. 

Met die hofsaak wil Donorkind en ’n Australiese vrou, wie se naam weens regsdoeleindes nie genoem kan word nie, vir Jonathan verbied om verder sperm te skenk. 

Hulle hoop ook die saak sal daartoe lei dat alle spermbanke sy sperm sal vernietig. 

Die Australiese vrou het vir Jonathan as spermskenker gekies weens ’n tekort aan sperm by Australiese spermbanke, omdat hy soos haar man gelyk het en geskryf het hy is kreatief en intelligent. 

Hulle was “ongelooflik kwaad en teleurgesteld” toe hulle uitvind hoeveel kinders Jonathan al het. 

“Ek kan nie glo ek moet vir my kind sê hy het honderde sibbes nie,” het die vrou aan die Nederlandse publikasie AD gesê. 

Eva, wat in 2018 geboorte geskenk het aan ’n kind wat met Jonathan se sperm verwek is, het gesê sy voel siek om te dink oor die nagevolge wat Jonathan se dade op haar kind sal hê. 

“Baie vroue het al vir hom gesê om te stop, maar niks help nie. Om hof toe te gaan is my enigste opsie, ek moet my kind beskerm.” 

Jonathan is ook in baie van die kinders se lewens betrokke, en hy plaas gereeld foto’s van sy kinders. 

“Ek hou daarvan om te sien dat daar reg oor die wêreld van my kinders is. Al my kinders is gesond, en ek bly betrokke en sien hulle gereeld,” het hy aan AD gesê. 

Jonathan sou in April in ’n Nederlandse hof verskyn het, maar die saak is uitgestel omdat hy tans in Kenia is. 

Bronne: ad.nl, dailymail.co.uk, metro.co.uk, euronews.com, english.elpais.com, nypost.com

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees