Nieu-Seeland-gesin koop per ongeluk tas vol liggaamsdele op veiling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Gesin van Nieu-Seeland het die skok van hul lewe gekry toe hulle ’n tas wat hulle op ’n aanlyn veiling gekoop het oopmaak en menslike liggaamsdele daarin vind.
Die tas waarin die menslike oorskot was.
Die toneel waarop die polisie verlede Donderdag afgekom het. Foto: YouTube/Skermgreep/New Zealand Herald

Die gesin, wie se name nie bekendgemaak is nie, het die tas as deel van die inhoud van ’n bergingseenheid in Manurewa in Suid-Auckland gekoop. 

Hulle het eers die tas met die liggaamsdele oopgemaak toe hulle verlede Donderdag (11 Augustus) by hul tuiste in Moncrieff-laan aangekom het.  

Iemand wat naby die gesin bly het gesê hulle het die tas op ’n waentjie na hul huis vervoer. 

“Ek kon dit ruik. Ek het geweet wat dit is, want ek is ’n varkjagter, en dit was dieselfde reuk as wanneer ’n karkas af is. Ek het gedink dit is ’n dooie dier.”

Die huis waarheen die gesin van Clandon Park die t
Die huis waarheen die gesin van Clendon Park die tas met menslike oorskot geneem het nadat hulle dit gekoop het. Foto: Google Maps

’n Bron het aan die publikasie Newshub gesê dat daar dalk liggaamsdele van meer as een slagoffer in die tas kon wees. 

Die polisie wag steeds op die resultate van die nadoodse ondersoek om meer duidelikheid te gee oor die hoeveelheid lyke wat betrokke is, het die woordvoerder van die Manurewa-polisie, Tofilau Faamanuia Vaaelua, gesê. 

“Ons prioriteit is om die identiteit van die oorledenes te bevestig en die resultate van verdere toetse is nog nie bekend nie. Die aard van hierdie soort ontdekking beteken dat dit ’n ingewikkelde ondersoek is en dat dit tyd sal neem,” sê Tofilau.

Hy het bygevoeg dat die gesin wat op die liggaamsdele afgekom het nie by die misdaad betrokke is nie.

“Hulle het eiendom gekoop wat deur niemand besit word nie.”

Ter illustrasie.
Ter illustrasie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Verskeie bure het gesê dat daar ’n slegte reuk rondom die eiendom in Manurewa gehang het. ’n Man wat voorheen in ’n krematorium gewerk het en naby die eiendom bly, sê hy het onmiddellik die reuk herken. 

“Ek het dadelik geweet wat dit is en ek het gewonder waar dit vandaan kom,” het hy aan die publikasie Stuff gesê. 

’n Familielid het intussen gesê dat die gesin wat die liggaamsdele ontdek het, Auckland verlaat het te midde van die media-aandag wat hulle ontvang. 

Bronne: nypost.com, newshub.co.nz, torontosun.com, nzherald.co.nz, stuff.co.nz

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

29 September 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in