book-icon Uitgawe 20 Mei 2021

Nobelprys-benoemde: My sukses het begin toe my kêrel my afsê

akkreditasie
Stacey se jongste boek, While Justice Sleeps, verskyn later vanjaar onder haar eie naam en nie onder haar gebruik­like skrywersnaam nie.
Stacey se jongste boek, While Justice Sleeps, verskyn later vanjaar onder haar eie naam en nie onder haar gebruik­like skrywersnaam nie.

Sy was 18 jaar oud toe haar hart die eerste keer gebreek is. Dit het vir Stacey Abrams gevoel of haar hele wêreld in duie stort toe haar kêrel, ene Chad, vir haar sê hul verhouding is verby.

Maar pleks van op ’n hopie gaan sit en treur het die Amerikaanse student iets daadwerkliks gedoen om die einde van haar eerste liefdesverhouding in perspektief te stel: Sy het na haar universiteit se rekenaarlokaal gegaan en die volgende 40 jaar van haar lewe noukeurig beplan.

Op ’n sigblad in Excel het sy alles uitgestippel wat sy sonder hom in die lewe wil bereik – van regte studeer en naam maak in die politiek tot topverkoperromans skryf.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees