Hy is die bruingebrande volstruisboer met die gemoedelike glimlag wat in die pas afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou (BSV) nuwe liefde gevind het.
Hy het niks om weg te steek nie, was boer Francois Fourie se reaksie toe Huisgenoot verlede maand onthul hy het ’n boete van R200 betaal nadat ’n vrou hom in 2013 van aanranding aangekla het.
Volgens polisiedokumente het die vrou hom destyds daarvan beskuldig dat hy haar geslaan het.