Die stof rondom die tierwyfie Sheba se dood het skaars gaan lê of nóg ’n tier het in Gauteng se strate ingevaar.
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Maandagoggend bekendgemaak dié tier is in Edenvale aan die Oos-Rand opgemerk.
Volgens Elize Parker van Four Paws, ’n organisasie wat hulle beywer vir wilde diere wat deur mense aangehou en/of mishandel is, sê die tier lyk nog jonk.