Maar nou, nadat Marius Conradie (14) eindelik in Januarie draadjies aan sy tande gekry het, is die tiener ’n nuwe mens.
“Marius is baie opgewonde oor sy nuwe draadjies. Hy het altyd ná skool direk kamer toe gegaan en daar gaan sit en teken,” vertel Marius sr. (51) oor sy seun. “Nou kom hy al darem uit en hy gesels met mense. Dit lyk vir my hy het by die skool ook meer vriende begin maak,” sê hy.
Marius, ’n gr. 7-leerder aan die Laerskool Elandskraal op Mooinooi, is voorheen baie oor sy skewe tande gespot en sy selfvertroue het ’n knou gekry.