book-icon Uitgawe 19 November 2020

Nuwe DA-leier oor party se uitdagings en sy nuwe gesin

akkreditasie
Hul dogter, Olivia, kuier by hom in sy kantoor in die parlement. Foto verskaf
Hul dogter, Olivia, kuier by hom in sy kantoor in die parlement. Foto verskaf

Dis die hoogtepunt waarheen haar pa al sy hele politieke loopbaan werk: om die leier van sy party te word. Maar vir die vierjarige Olivia Steenhuisen was pa John se oorwinning in die Demokratiese Alliansie (DA) se leiers­verkiesing eintlik “baie vervelig”.

“Sy kon nie verstaan hoekom ek weer die leier moes wees nie – sy’t gedink ek’s reeds die leier,” vertel die man wat pas amptelik aangewys is as die nuwe hoof van die opposisieparty. Hy het immers tot onlangs as tussentyd­se leier van die party gedien voor hy die party se jeug­leier, Mbali Ntuli, geklop het in hul stryd om die toppos.

Olivia sou waarskynlik trots gewees het op haar pa as sy prestasies nie vir haar so vanselfsprekend was nie – hy het 80% van die 2 000 afgevaardigdes se stemme in die leiersverkiesing gekry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees