Sy verhaal van verlies, geloof, deursettingsvermoë en ’n nuwe begin het mense twee jaar gelede aan die hart gegryp toe Georgie van Zyl, toe nog sonder tande, in die eerste seisoen van VIA (DStv-kanaal 147) se program Wraak my mooi verskyn het.
Nadat hy ’n nuwe stel skitterwit tande en ’n nuwe voorkoms voor die TV-kameras gekry het, het hy weer hoop vir die toekoms gehad.
Intussen het hartseer weer toegslaan: Hy het onlangs gehoor DNS-toetse het gewys die man wat hy gedink het sy biologiese pa is, is nie bloefamilie van hom nie. En dit nadat hulle mekaar in 2001 ontmoet het, en Georgie oortuig was hy het eindelik sy langverlore pa gevind.