Dis die soort reis waaroor flieks gemaak word: 20 jaar, 362 000 km, ses vastelande, 102 lande, talle eksotiese maaltye – en die geboorte van vier kinders langs die pad.
Twee dekades nadat hulle op hul groot avontuur vertrek het, het die Zapp-gesin se geliefde ou kar eindelik finaal na hul tuisstad, Buenos Aires in Argentinië, teruggekeer om hul epiese reis by die historiese Obelisco-monument te voltooi.
Dit was ’n bittersoet oomblik vir Herman (53) en Candelaria (51) en hul kinders, Pampa (19), Tehue (16), Paloma (14) en Wallaby (12).