Oos-Kaap-ma verpletter ná seun verdrink: ‘Ek hou vas aan sy boodskappies’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Verskaf
Verskaf

Kyran (18) en ’n paar vriende het Dinsdagmiddag in die groot strook water by die gholfklub in Gqeberha se Mill Park-buurt gholfballe uitgeduik en geswem toe hy in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn het. Nadat ’n maat en iemand verbonde aan die klub gespook het om hom uit die water te kry, het paramedici vir ’n lang ruk noodbehandeling toegepas – met sy beangste ouers ook later op die toneel – maar dit was vergeefs.

“Ek’s al deur baie, maar hierdie is sekerlik die moeilikste ding wat ek nog in my lewe moes deurmaak. ’n Mens kan die seer nie beskryf nie . . .” sê Kyran se ma, Marysia Potgieter, uit Sydenham, Gqeberha. Die snikke skeur kort-kort deur haar lyf terwyl sy, met alles nog in ’n waas van onwerklikheid, van Dinsdagmiddag se gebeure vertel, en watter goedhartige mens haar Kyran was en van hul hegte band.

“ ’n Mens se kop is nog daar by die dam – hoe hulle aan hom gewerk, alles probeer het om sy lewe te red, maar daar was net niks nie . . .” beduie Marysia tussen haar trane deur. “Die paramedici het beurte gemaak om hom te probeer bybring, en ek het nog nooit so hard gebid nie. Maar ná omtrent veertig minute kom staan een van die mans by my, en sê sag dat hulle niks verder kan doen nie.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

1 Desember 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees