Daar is geen liefde groter as dié van ’n ma vir haar kind nie. Maar die teenoorgestelde is ook waar, besef jy opnuut wanneer jy met Desireé van der Merwe en haar ma, Denise Pansegrouw, gesels.
Want toe die 70-jarige Denise onlangs ’n nuwe nier benodig het, wou Desireé dadelik een van hare aan haar ma gegee – al het sy op 49 ’n eie gesin en ’n toekoms wat voor haar uitstrek.
“Ja, ek het nie twee keer gedink nie. Ek het dadelik gesê ek wil my nier skenk,” vertel Desireé by haar ma se huis net om die draai van hare in Kariega.