’n Betroubare bron na aan die familie het Maandag aan Huisgenoot bevestig Pistorius “het besoekers” oor Kersfees gehad en is steeds in dié Oos-Kaapse stad.
Pistorius is einde November van die Atteridgeville-gevangenis buite Pretoria na die St. Alban’s-gevangenis in Gqeberha oorgeplaas om as deel van sy rehabilitasieproses ’n slagoffer-oortreder-dialoog met sy oorlede meisie, Reeva Steenkamp, se ouers, Barry en June, te onderneem.
Die bron wou nie sê wie Pistorius oor Kersfees besoek het nie, maar het wel bevestig dat dit familie was.