Het jy al gehoor van ’n tronksel met ’n en suite-badkamer? En ’n gevangene met 'n privaat groentetuin waar hy vars kos vir sy eie bord kweek? Dit klink immers verbasend gerieflik.
Dit is glo deesdae die leefstyl van die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius in die Atteridgeville- Korrektiewe Sentrum buite Pretoria.
Dit is nou as ’n mens die bewerings in ’n onlangse opspraakwekkende berig in die Daily Mail in Brittanje kan glo.