Haar ouers het gehoor sy sou nie lank leef nie.
Sy ly aan Richards-Rundle-sindroom, ’n degeneratiewe neurosiekte wat gehoorverlies, sigverswakking en spieratrofie veroorsaak en verstandelike ontwikkeling strem. Maar Danelle le Roux het verwagtinge oortref.
Sy is nou 27, en al het haar lewe baie uitdagings, is sy ’n lewende wonderwerk. En dit is grootliks danksy haar ouers, Sophia en Pieter, dat sy die lewensgehalte het wat sy vandag het.