Soveel so dat die sewejarige Amerikaanse model Aria De Chicchis die sangeres Beyoncé se aandag getrek het. Die jong modebeïnvloeder was in die wolke toe Bey se span met haar in aanraking kom en sê hulle wil vir haar handelsware van Ivytopia – die nuwe spanpoging tussen Adidas en die sangeres se atletieksjiek klerereeks Ivy Park – stuur, sê Aria se ma, Pam Mbatani (45), vir ons uit hul huis in New York.
“Ek was baie opgewonde en bly toe ek die geskenk kry, want dit kom van Beyoncé, en ek is ’n groot aanhanger van haar,” sê Aria.
“Ek hou van die klere; dit lyk net mooi. Ek hou van die patrone op die baadjie, die soort natuurpatrone wat hulle op die langbroek en die romp gesit het. Ek hou van die skoene – alles lyk net wonderlik; en ek bedoel wonderlik,” sê sy.