Jynnie Kent (nou 29), van Ontario in Kanada, het destyds op haar ouma – wat in 2020 oorlede is – se aandrang die hondehok in haar grootouers se agterplaas gaan oopmaak.
Die destydse 11-jarige het geweet haar ouma het dikwels bees- of varkbloed by die bulmastiffs se kos gesit, en dit het hulle moontlik ’n ‘smaak’ vir bloed laat ontwikkel. Maar sy was net ’n kind en het vertrou haar ouma weet wat sy doen.
Toe sy die hok oopmaak, het die honde – in plaas daarvan om haar te groet – haar grond toe getrek en begin verskeur.