Onder die fel Vrystaatse son grom en brom die kragtige V8-enjin soos ’n gulsige dier terwyl dit die grondpad opvreet.
Soms verklap net ’n krullende stofstert die vuurwa se vordering hier om die Schoemanspark-renbaan.
Die lemmetjiegroen Toyota Lexus se agterstewe swaai hierdie kant toe en daai kant toe, maar die bestuurder is ooglopend koelkop en in beheer van sake.