Dit het die afgelope week, met die toeloop van mense na hul huis in Tauranga in Nieu-Seeland, kort-kort vir hom gevoel asof hy sy seun net gou vir ete in die motorhuis moet gaan roep.
Maar Werner Hanekom (46), ’n oud-inwoner van Centurion, moes homself dan terugruk met die besef: Hy kom nie terug nie.