Pap babatjie by inkopiesentrum in Klerksdorp ontvoer

akkreditasie
Klerksdorp-polisiekantoor. Foto: Gallo Images/Luba Lesolle
Klerksdorp-polisiekantoor. Foto: Gallo Images/Luba Lesolle
Die polisie in Klerksdorp het 'n grootskaalse soektog begin nadat 'n twee weke oue babadogtertjie by 'n plaaslike inkopiesentrum ontvoer is.

Lt. kol. Amanda Funani sê die 17-jarige ma het op 14 Junie by haar huis in Klerksdorp die lewe geskenk en het haar baba drie dae later, op 17 Junie, na die Klerksdorp-hospitaal geneem vir 'n algemene ondersoek. 

Die ma en baba is om tweeuur die middag op dieselfde dag ontslaan.

“Die ma het 'n vrou buite die hospitaal ontmoet wat haar gevra het om vir haar 'n paar tekkies by die Klerksdorp City Mall te gaan koop. Die vrou, in haar vroeë 30's, het plakkies aangehad en het gekla dat sy koud kry,” sê Funani. 

Volgens die 17-jarige ma het die vrou vir haar geld gegee om tekkies te gaan koop en sy het aangebied om na haar pasgebore baba te kyk terwyl sy vinnig die winkel binnegegaan het.

Etlike minute later, met tekkies in haar hand, het die jong ma gesien die vrou is weg met haar baba. 

Sy het 'n saak van ontvoering by die Klerksdorp-polisie aangemeld.

Die vrou het swart jeans aangehad met 'n swart-en-pienk baadjie.

  • Die polisie vra enigeen met inligting om die ondersoekbeampte, sers. Kenny Ntshekane, te kontak by 082-568-6909.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees