Pasgetroude Jannie du Toit positief ondanks mesaanval

akkreditasie
Jannie du Toit sing nou sy liedjie vir Therina Wentzel, wat sag na hom kyk. Foto: Lubabalo Lesolle
Jannie du Toit sing nou sy liedjie vir Therina Wentzel, wat sag na hom kyk. Foto: Lubabalo Lesolle

Jannie (66) is Woensdagaand omstreeks 21:00 buite die bekende The Market Square-teater in Newtown deur ’n rower aangeval nadat hy die bekendstellingsgeleentheid van die Aardklop-kunstefees bygewoon het.

Hy was sowat 20 m van sy parkeerplek toe ’n man hom aan die nek gryp. Hy is twee keer aan sy regterbeen met ’n mes gesteek en sy selfoon is gesteel. "Ek is veral jammer oor al die kontakte, foto's, boodskappies en memories wat nou weg is."

Tog bly hy positief. "Ek het my debuut gemaak," spot die deurwinterde sanger wat al vier dekades lank treffers soos ’n Liedjie Vir Jou hier én oorsee uitvoer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees