Drie jaar ná daardie dag betrap hy hom steeds dat hy soms wag dat die foon lui of biep met ’n teksboodskap of een van die foto’s wat hulle so graag met mekaar gedeel het.
Want Leon Brits, die vermoorde sakeman en boer van Pofadder, was sy vertroueling en steunpilaar, al was hy twee jaar jonger as sy ouboet, Tokkie.
“Luister, ons het seker elke dag drie, vier keer met mekaar gesels. Ons het mekaar elke dag die goed gestuur,” vertel Tokkie oor sy vermoorde broer.