Pa Henning (42), dogter Mea (13) en die negejarige tweeling, Joshua en Reuben, ly almal aan ’n seldsame en potensieel dodelike siekte wat hul liggaamsdele so laat swel dat dit voel of hul vel gaan bars.
Die pyn wat met die swelling – verskeie kere per maand – gepaardgaan, is ondraaglik. En as hul keel opswel, dink hulle nie twee keer daaroor om hulle na die noodeenheid te haas nie.
Die drie lede van die gesin ly almal aan oorerflike angio-edeem (OAE), ’n siekte wat herhaaldelike, pynlike episodes van swelling van die vel of slymvliese veroorsaak.