AS kind het sy daarvan gedroom om eendag net sulke lang, gesonde hare soos haar ma te hê.
"My ma se hare het altyd tot by haar middel gehang – ek wou dieselfde hê," vertel Alla Perkova, 'n 37-jarige prokureur van Odessa in die Oekraïne.
"Maar ek het nie gedink my hare sou tot op die vloer groei en langer as ek wees nie."