Reuse-soektog vir pasgebore baba ná 16-jarige pa hom in rivier gooi

akkreditasie
Die polisie probeer die lykie van ’n pasgebore babaseun opspoor wat na bewering deur sy 16-jarige pa in ’n rivier gegooi is. Die pa is in hegtenis geneem.

Die Mossos d’Esquadra (Katalaanse polisie) in die stad Barcelona in die noordooste van Spanje het gister hul soektog met die hulp van duikers, snuffelhonde en ’n helikopter begin.

Volgens die plaaslike media het die tiener saam met sy pa na die polisiekantoor gegaan en vertel wat hy gedoen het.

’n Mossos d’Esquadra-woordvoerder het aan Central European News (CEN) gesê die openbare aanklaer se kantoor ondersoek die voorval, maar hulle kan geen inligting oor die baba se ouers bekend maak nie, want albei is minderjarig.

polisie
Geen inligting oor die baba se ouers is bekendgemaak nie. Foto: CEN/MagazineFeatures.co.za

Die soektog het begin nadat 'n inwoner ’n jong man met ’n tas in die Besosrivier gewaar het met wat soos ’n baba gelyk het, volgens die plaaslike polisie.

Luidens berigte is versperrings in die water geplaas om die vloei te verminder sodat soekspanne met snuffelhonde die rivier en sy oewer kan fynkam.

Barcelona baba in rivier
Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Die plaaslike owerheid het bevestig hulle het ’n tas vol klere en bloedkolle gevind op die plek waar die tiener glo die baba in die water gegooi het.

baba in rivier gegooi
Die polisie is steeds opsoek na die baba. Foto: CEN/MagazineFeatures.co.za

Brandbestryders het by die soektog aangesluit en ’n helikopter word gebruik om die gebied van bo te bespied terwyl dit in die donker aan spanne op die grond lig verskaf.

Barcelona baba in rivier
Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Die soektog en ondersoek duur voort.

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees