Roerende video van baba Mienke ná ma ontslaan word

akkreditasie
Verna is ontslaan uit die hospitaal. Foto: Facebook
Verna is ontslaan uit die hospitaal. Foto: Facebook

Verna, wat ’n pasaangeër het, se hart het byna 'n week gelede onverklaarbaar gaan staan terwyl sy by Mienke in die hospitaal was. Haar man, Ryno, het toe aan Huisgenoot.com gesê dit gaan moeilik met die gesin en dat Verna se hart moontlik weens lae bloedsuiker gaan staan het. 

Verna het Woensdag gesê sy is ontslaan en “dis lekker om weer in my eie bedjie te kan slaap”. Mienke is nou byna twee weke terug in die hospitaal omdat dokters 'n reeks toetse op haar doen. 

Verna het Mienke se meer as 40 000 ondersteuners op haar Facebookblad, Please Pray for Mienke, bedank. “Dankie vir elke gebedjie, boodskappie, blommetjie en bederfies. Ons is so geseën met 'n groep ondersteuners soos julle.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees