Die meeste ooms sal op die ouderdom van 91 klou aan die vrou wat hulle het.
Veral as daardie vrou een van die wêreld se beroemdste modelle is, ’n volle 26 jaar jonger as hy. Maar nie Rupert Murdoch nie.
Die multimiljardêr en mediamagnaat is op pad skeihof toe om sy huwelik met die blonde Jerry Hall (65) ongedaan te maak, en hoewel niemand seker is wat die rede vir die egskeiding is nie, meen die skindertonge dit kom waarskynlik van Rupert se kant af.