Russiese bruid se familie ontvoer haar net voor troue

akkreditasie
Trou is nie perdekoop nie, maar ’n bruid in ’n Russiese familie wat nie wou bes gee oor haar keuse van bruidegom nie, is kort voor haar troue ontvoer toe haar geliefdes fisiek ingryp.
Julia se familie het haar blykbaar net voor haar t
Julia se familie het haar blykbaar net voor haar troue in die Russiese hoofstad, Moskou, ontvoer. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens ’n video wat verlede week in Moskou opgeneem is, ontvoer Julia Borisowa se familie haar net voor haar troue op 10 Augustus in Twerskajatraat in die hoofstad, Moskou. 

In die video kan gesien word hoe familielede die toekomstige bruid in ’n motor boender. 

Die plaaslike media berig haar ouers, ouma en ’n oom het die sending suksesvol uitgevoer.   

Julia se ouma het van die bruidegom, Wictor Danilof (31), gesê dat sy dit nie sal toelaat dat haar kleindogter met ’n dwelmslaaf trou nie.   

Die gelukkige paartjie die aand van hul verlowing.
Die gelukkige paartjie die aand van hul verlowing. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Wictor, wat laat was vir sy eie troue, het ná sy bruid se verdwyning ’n klag by die polisie ingedien. 

In sy verklaring vra hy beamptes moet seker maak sy verloofde is veilig en word nie teen haar wil aangehou nie. 

Julia Borisowa
Julia Borisowa. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens die nuuswebtuiste Moslenta sê die bruidegom se oupa hy het minute voor die voorval by die registrasiekantoor nog met die vermeende ontvoerders gepraat. 

Hy sê hy verstaan nie hul optrede en skynbare haat teenoor die bruidegom nie. 

Die man verduidelik hy het die bruid nog net een keer tevore gesien en het haar nie dadelik herken toe hy die “ontvoering” aanskou het nie.

Tydens die beweerde ontvoering het ’n onbekende me
Tydens die beweerde ontvoering het ’n onbekende mens glo die bruidegom aangeval. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Wictor studeer saam met Julia aan ’n instituut vir moderne kuns.

Die bruidegom sê hy was nog altyd op goeie voet met Julia se ouers, maar hul houding teenoor hom het kort voor die troue skielik verander.

Tydens die beweerde ontvoering het ’n onbekende mens glo die bruidegom aangeval en kaliumpermanganaat oor hom uitgegooi.

Die plaaslike owerhede het bevestig hulle ondersoek die omstandighede rondom Julia se verdwyning. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees