book-icon Uitgawe 21 Oktober 2021

SA dokter se skokdokkie wys covid-oorlog in ons hospitale

akkreditasie
Zero to Zero
Zero to Zero

Sy onthou nog almal se gesigte: die jong onderwyseres van Brits wat die eerste covidpasiënt in haar hospitaal geword het; die egpare wat saam om hul lewe geveg het . . . Almal met dieselfde vrees in hul oë, en pype in hul keel om kosbare suurstof na hul longe te pomp.

Prof. Leonie Scholtz, ’n radioloog van Pretoria, het haar soos ander gesondheidsorgwerkers midde-in ’n oorlog bevind – en die slagoffers het net aanhou instroom. Sy het gesien hoe die gesig van die dodelike pandemie verander: Die siekes en dooies van die eerste golf was ouer mense, maar die tweede en derde golf het ook onder jonger mense gemaai.

Leonie (64) het gevoel iets moet gedoen word om die ware verwoestingswerk van die pandemie te wys.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees