’n Ruk lank het sy ophou bid, want haar vertwyfeling het bly knaag: Wat sou gebede haar tog help?
Haar geloof het gewankel, erken die atleet Carina Horn vandag oor die tyd nadat haar wêreld in 2019 eensklaps in duie gestort het.
Haar naam was oral in die nuus: Carina, Suid-Afrika se vinnigste vroueatleet, het positief getoets vir twéé verbode middels. Die stimulante het haar glo ’n hupstoot op die atletiekbaan gegee en boonop is haar vorige prestasies deur sommige bevraagteken.