Skole van 20 lande het superheldfoto’s ingestuur om die wêreldrekord op te stel. Daar is 20 350 foto’s in die aanlyn foto-album en almal daarvan is van mense wat ’n superheldmasker dra.
Die rekord is opgestel as deel van Angels Initiative se FAST Heroes- internasionale bewusmakingsveldtog vir beroertes. Volgens die FAST Heroes-webtuiste het Laerskool Brackenfell die vierde meeste punte in die wêreld vir die veldtog ingesamel.
“Die idee agter die wêreldrekord is deel van die groter gesondheidsveldtog oor beroertes wat kinders opgewonde wil maak om oor beroertes te leer sodat hulle vroeg die simptome van ’n beroerte kan raaksien,” sê Charmaine Elliot, die Suid-Afrika se nasionale koördineerder vir die Fast Heroes-veldtog.