Sanger laat grootkop van Range Rover kop eerste op die vloer val

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die rapper Wyclef Jean (56) was Maandagaand verleë toe hy by ’n Range Rover-partytjie in Los Angeles opgetree het om ’n nuwe reeks van dié spogmotor bekend te stel.
Tydens sy opvoering wou hy ’n toertjie uitvoer om sy aanhangers te vermaak en het hy die uitvoerende hoof van Range Rover, Joe Eberhardt (56), genooi om op sy skouers te gaan sit. Joe is ook die president van Jaguar Land Rover in Noord-Amerika.

Wyclef het neergesak, Joe het opgeklim, en die gaste het gejuig. 

Dit was die eerste Range Rover-leierskapsberaad wat aangebied is en waar die motorhandelaar ook sy jongste 2022-model bekend gemaak het. 

Verskeie kundiges is genooi om onder meer oor verskeie onderwerpe oor leierskap in die korporatiewe wêreld te bespreek.

Tydens die feesvieringe na die beraad het dinge egter buite beheer geraak en die bekende kletsrymer was in die middel daarvan... 

In ’n video wat intussen wyd gedeel is, lyk Joe heel gewillig dat Wyclef hom op sy skouers optel, en die grootbaas het lekker saam gelag. 

Toe het die sanger, gekleei in ’n oranje trui met ’n wit sonbril en met Joe op sy skouers, stil gaan staan en sy arms na die kante uitgerek om aan die uitvoerende hoof se polse vashou.

Maar toe hy in die rondte draai om met sy krag te spog, het hy skielik sy balans verloor. Joe het kop eerste op die sementvloer geval.

Die video wys hoe Wyclef Joe vinnig van die grond af oplig terwyl ’n skare mense hulle omsingel. ’n Man in ’n grys trui druk-druk ’n handdoek op Joe se gesig terwyl ’n ander vrou ook hand bysit om hom van die vloer af te kry.

TMZ het berig dat Eberhardt die geleentheid daarna verlaat het en het moontlik geringe beserings opgedoen.

Wyclef het voortgegaan om partytjie te hou en het snitte van sy prettige aand op Instagram gelaai.

Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees