Vandag, hier waar Nadia vanuit die gesin se vakansieplek met Huisgenoot praat, sê sy dis byna ondenkbaar om te dink sy wou destyds twee keer haar lewe beëindig. En daarom het sy nou, om haar lewe te vier en om ander te inspireer, ’n liedjie hieroor opgeneem.
As ’n ma moes Nadia van Boksburg aan die Oos-Rand van Johannesburg destyds die moeilike keuse maak: Óf sy kry die hulp wat sy so dringend nodig het – óf haar kinders word sonder ’n ma groot.
Oor die redes wil sy nie vandag praat nie, maar sy was vangevang in ’n ongelukkige huwelik, vertel Nadia vandag. Dit het sowat 12 jaar gelede begin, maar sy het later in so ’n diep groef beland, dat dit byna onuithoudbaar was.