Achmat Hassiem (40) van Strandfontein in Kaapstad het in 2006 die nuus gehaal toe hy sy regterkantste onderbeen in ’n haai-aanval by Muizenbergstrand verloor het nadat hy sy jonger broer, Taariq, probeer red het.
Taariq gesels met Huisgenoot ná ’n vrou Sondag gesterf het toe ’n haai haar in die see by die gewilde vakansiebestemming Plettenbergbaai aangeval het.
“Ons as gesin moes berading kry en saamstaan om die trauma te verwerk,” vertel die 33-jarige oor die nadraai van sy broer se ontbering in die see.