Die suksesvolle prosedure is uitgevoer deur dr. Mehmet Veli Karaaltin en sy span van die Acibadem Akademiese Hospitaal in Istanboel.
Voorbereidings vir die ingewikkelde operasie het maande lank geduur. Noudat hulle twee onafhanklike mensies is, weeg hulle onderskeidelik 6 en 8 kg. Hulle word nou in die hospitaal se waakeenheid gemonitor, maar haal albei selfstandig asem.
Die meisies, van Algerië, se name is nie bekend gemaak nie. Hulle is met aparte harte gebore, maar was van die borsbeen af geheg en het ook ander organe gedeel.