Jy het moontlik nog nie self van hulle gehoor nie: Vlad en Niki, Ryan Kaji, Diana Kidisyuk en EthanGamer. Maar onder die jongklomp is dié name dalk net so bekend soos party Hollywood-sterre vir die res van ons is.
Ontmoet YouTube se “kidfluencers”. Gewone kinders is hulle allermins. Hulle het tussen hulle ’n gehoor van 300 miljoen mense wat aan hul lippe hang én alles koop wat hulle sê cool is – en so maak hulle geld soos bossies.
Hulle bly in spoghuise, hou vakansie op eksotiese eilande, dra ontwerpersklere en verdien elke jaar miljoene uit hul kanale en vennootskappe met handelsname.