Odette Dagnicourt (33) en haar sesjarige seuntjie, Jean-Stevens (JS), is dood in die brand wat vroeg Sondagoggend in Odette se huurwoonstel ontstaan het.
Tyrone Bruwer (34), ’n vriend wat die aand by hulle in die sitkamer oorgeslaap het, het die brand oorleef en is in ’n kritieke toestand in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg, waar hy vir sy ernstige beserings behandel word.
Daniel van Heerden (32), Odette se kêrel van die afgelope agt maande, vertel hy was weens die inperking nie Saterdagaand saam toe Odette saam met haar sussie en ander familie op dié dorp gaan braai en kuier het nie.