Tiana Keane (24) en haar kêrel, Josh Armstrong (28), het nog ewe ’n watergeboorte beplan om hul seuntjie, Reid, se aankoms so spesiaal moontlik te maak. Maar die baba het ander planne gehad.
Dié Australiese paartjie was een aand verlede maand in die motor op pad na die geboortesentrum toe Tiana kon voel die baba is naby. Al plek waar hulle kon stilhou waar sy die lewe kon skenk, was die parkeerterrein van die plaaslike Hungry Jack’s, Australië se weergawe van Burger King.
“My water het om 18:50 gebreek en van daar af was dit absolute chaos,” vertel Tiana. “Ek het in die stort gespring, maar die sametrekkings was sterk en ek het vir Josh gesê: ‘Ons moet gaan.’