Dit is die een ramp ná die ander. Eers ’n aardbewing, toe ’n tropiese storm, grondverskuiwings en oorstromings . . . En dit alles net weke ná ’n sluipmoord op die president.
Hoeveel swaarkry kan een land dan verduur? En hoe kan die mense van Haïti soveel skokke ná mekaar verwerk?
Die jongste rits dramatiese gebeure wat dié Karibiese eiland getref het, het begin met ’n verwoestende aardbewing met ’n sterkte van 7,2 wat die suidwestelike deel van die land getref en ongeveer 84 000 huise verwoes het.