So gaan dit nou met Oscar Pistorius ná nag in hospitaal

akkreditasie
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is na die Kalafong-hospitaal gehaas nadat hy Donderdagoggend erge borspyne gekry het.

Onder omstandighede gaan dit goed met Oscar Pistorius ná hy Donderdagaand in die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville in Pretoria oorgeplaas is, sê sy pa, Henke Pistorius.

Dít kom nadat die voormalige Paralimpiese atleet Donderdag in die Atteridgeville-tronk borspyne begin kry het.

Henke het aan Huisgenoot gesê Oscar het vroeër ’n “slegte verkoue” gehad en dit was nie duidelik of dié ’n rede vir die erge borspyne was nie.

Verskeie toetse is sedert Donderdag op Oscar gedoen en “al die toetse was negatief”, sê Henke.

Oscar dien tronkstraf uit na hy ’n vonnis van ses jaar opgelê is vir die moord op sy modelmeisie, Reeva Steenkamp.

Hy het op 6 Julie vanjaar reeds ’n jaar gevangenisstraf uitgedien. 

Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in