Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Kan hulle mooi sing, ’n gedig voordra of word daar elke vakansie vir die hele familie konsert gehou? Dalk is jou kind lief vir toesprake lewer of redeneer hulle jou onder die tafel in.
Wel, ons het goeie nuus! Dit is tyd vir Huisgenoot se heel eerste aanlyn eisteddfod – ’n kompetisie spesiaal vir leerders van gr. 1 tot matriek.
Ja, jy lees reg. Huisgenoot Eisteddfod is hier, en jou kind kan R10 000 wen. En met dié dat dit skoolvakansie is, is dit dalk net die beste manier om die jongspan op ’n kreatiewe manier besig te hou.