Sonde met die bure? Hier’s die ‘wêreld se eensaamste huis’ op jou eie eiland

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Facebook/Bold Coast Properties/For The Love Of Old Houses
Facebook/Bold Coast Properties/For The Love Of Old Houses

Die kothuis wat Bold Coast Properties en ander eiendomsagentskappe op die internet teen 'n stewige R5,4 miljoen bemark en wat die “wêreld se eensaamste huis” gedoop is, is dalk nou nie die wêreld se grootste vakansiewoning nie… maar dit staan op sy eie eiland en spog met ononderbroke 360-grade-uitsigte in die uitgestrekte Wohoa-baai langs die kus van die Amerikaanse deelstaat Maine.

En dis hierdie unieke uitsigte deur sy baie vensters wat die bekoorlike houthuisie van omtrent 50 vierkante meter 'n gevoel van vryheid en ruimte bied… en natuurlik dat jou ‘erf’ 'n verlate eiland van omtrent 6 000 vierkante meter is.

“Duck Ledges Island, aangebied in sy geheel. Die rotslae wat die eiland omring is besaai met robbe vir konstante vermaak. Aangesien daar geen bome is nie, bied die eiendom natuurgesigte wat jy nêrens elders sal vind nie,” lui een van Bold Coast Properties se beskrywings. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees