Stella-moorde: Dubbele begrafnis vir Sharnelle se pa

akkreditasie
Xander Bylsma is twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê.
Xander Bylsma is twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Ronnie Hough staan Woensdag in die familiebegraafplaas in Sannieshof, Noordwes. 

“Ek hoor die ding,” vertel hy oor Xander Bylsma (21) se jongste poging om aansoek om appèl te doen. “Hy moet maar aangaan en al sy ouers se geld verkwansel.”

Xander se eerste poging om aansoek te doen om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en vonnis, het in Februarie in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, misluk. Dit het gekom nadat regter Ronald Hendricks Xander in Augustus verlede jaar tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis het vir die moorde op Sharnelle (17), Ronnie se dogter, en haar beste vriendin, Marna Engelbrecht (16).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees