book-icon Uitgawe 12 Augustus 2021

Storm woed om Franse oud-pres. Nicolas Sarkozy en sy modelvrou

akkreditasie
Hoewel die voormalige Franse president Nicolas Sarkozy deur verskeie hofsake in die gesig gestaar word, ondersteun sy vrou, Carla Bruni, hom. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Hoewel die voormalige Franse president Nicolas Sarkozy deur verskeie hofsake in die gesig gestaar word, ondersteun sy vrou, Carla Bruni, hom. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die Franse is nie lief vir weddenskappe nie, maar toe Nicolas Sarkozy en Carla Bruni in 2008 ná ’n romanse van twee maande besluit om te trou, het talle begin raai wat hul skeidatum sou wees.

Dié twee, die sexy supermodel en “pres. Bling-Bling”– die bynaam wat die media hom gegee het oor sy voorliefde vir Rolex-horlosies, sonbrille met goue rame en die rykes se geselskap – was mal oor publisiteit, is gesê. Sy was mal oor mag; hy oor jong vroue. Dit sou nooit hou nie, het hulle oor sy derde huwelik voorspel.

“Sy sal hom los as hy in 2012 verloor,” het ’n politikus-vriend vir my gesê. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees